’n Rower wat fietsryers terroriseer is vasgetrek, nadat hy die verkeerde teiken gekies het, ‘n polisiebeampte, wat ook ‘n ywerige fietsryer is.
Volgens Eyewitness News het luitenant-kolonel Johan Pentz saam met lede van die Woodstock-misdaadvoorkomingseenheid ‘n operasie uitgevoer.
Hy het die berugte roete by die Woodstock-brug naby die Kaapstadse middestad op sy fiets gepatrolleer, terwyl sy rugsteunspan in die omgewing was.
Pentz is aangeval terwyl hy die brug oorgesteek het, en die verdagte het daarin geslaag om sy selfoonsakkie te gryp.
Die beampte het verdagte agternagesit en die 34-jarige, wat ook ‘n tablet in sy besit gehad het wat hy nie kon verantwoord nie, in hegtenis geneem.