’n Russiese militêre vliegtuig het in ’n woongebied van die suid-Russiese dorp Yeysk neergestort.

Minstens vier mense is dood en tot soveel as 25 beseer.

‘n Woonstelblok het na die botsing aan die brand geslaan en ‘n nabygeleë skool moes ontruim word.

Rusland se Ministerie van Verdediging het gesê die vliegtuig was op ‘n oefenvlug toe een van sy enjins onklaar geraak en aan die brand geslaan het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×