’n Saak is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) aanhangig gemaak oor die onwettige mynwerkers by die verlate Stilfontein-mynskag in Noordwes.

Die saak beweer menseregteskendings. Die SAMRK-kommissaris, Nomahlubi Khwinana, het die saak gister tydens ‘n gesprek met gemeenskapslede in die gebied bevestig. Khwinana hou vol dat almal gelyk voor die reg is en die reg op menswaardigheid, kos en water het.

Sy sê die skendings van hierdie regte vra dat die kommissie optree. Honderde onwettige mynwerkers weier om uit die mynskag te kom uit die vrees dat hulle gearresteer sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×