‘n Polisieman, Konstabel Jaco Justin Oktober, is in die Lutzville-landdroshof in die Wes-Kaap op borgtog van R2 000 vrygelaat nadat hy na bewering ‘n 13-jarige seun in die aanhoudingselle met ‘n sambok geslaan het.
Maroela Media berig dat die seun vir diefstal in hegtenis geneem is.
Die polisiebeampte het vermoedelik die seun in sy gesig, op sy bene en oor sy rug geslaan.
Terwyl die saak tot 29 Oktober uitgestel is, is een van die borgtogvoorwaardes dat die polisiebeampte nie in die Lutzville-omgewing mag wees totdat hy weer in die hof moet verskyn nie.