‘n Senior amptenaar van die Gautengse Departement van Gesondheid is gisteroggend doodgeskiet

 ‘n Senior amptenaar van die Gautengse Departement van Gesondheid, Babita Deokaran is gisteroggend buite haar huis in Winchester Hills, in die suide van Johannesburg doodgeskiet.  Deokaran was een van die sleutelgetuies in die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na ongerymdhede in multi-miljoen randse kontrakte vir persoonlike beskermende toerusting in Gauteng,  . Die 53-jarige hoof finansiële amptenaar van die departement is in die hospitaal dood ‘n Polisiewoordvoerder, Kay Makhubele sê die motief vir die moord is nog nie bekend nie, vrae word wel na bewering gevra oor ‘n moontlike sluipmoord en die polisie is nog op soek na die skieters.

Luister na potgooie hieronder