Terwyl hy op verpligte verlof geplaas is, het die adjunk-geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, of SANW, generaal-majoor Noël Ndhlovu, skynbaar die afgelope 31 maande vergoeding van R3,2 miljoen ontvang.

Só het Thandi Modise, minister van verdediging en militêre veterane geantwoord op ‘n parlementêre vraag van DA-LP, Kobus Marais. Modise het gesê Ndhlovu is op 15 Oktober 2022 op spesiale verlof geplaas, as voorsorgmaatreël weens ‘n beweerde onreëlmatige tender.

Die tender is glo toegeken sonder dat die nodige prosesse gevolg is.

Ntsondwa-Ndhlovu, die generaal-majoor se vrou, het reeds in die handelshof in Pretoria verskyn vir beweerde korrupsie en bedrog wat met die beweerde onreëlmatige tender verband hou.

Modise het gesê hoewel Ndhlovu op verpligte verlof geplaas is, is daar geen klag teen hom nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×