Volgens die familie van ‘n tref-en-trap-slagoffer is hulle van geregtigheid beroof nadat ‘n verdagte, sy eie lewe by ‘n uMhlanga Rocks hotel in Durban geneem het.
Volgens Media 24 het die sersant, nadat ‘n saak van strafbare manslag geregistreer is, glo ‘n gesteelde voertuig wat in sy erf gestaan het by die Phoenix-polisiestasie aangemeld.
Die voertuig was met blou noodligte toegerus en volgens KwaZulu-Natal se polisiekokmmissaris was daar baie vraagtekens rondom die voertuig. Na bewering het die verdagte ‘n familielid gekontak en erken het dat hy vir die dood van die 26-jarige slagoffer verantwoordelik is. Hy het bygevoeg dat hy nie kon bekostig om tronk toe te gaan nie.