ʼn Sesjarige seuntjie is tydens ʼn rooftog by ʼn kitskosrestaurant in Germiston in Gauteng noodlottig gewond. Volgens ʼn woordvoerder van die Bedfordview-polisie, sersant Lillian Modiga, het rowers laatmiddag op die restaurant toegeslaan.

Die familie was in die restaurant se deurry toe hulle in die aanval vasgevang is. Een van die rowers het op die gesin geskiet terwyl hulle probeer het om weg te kom.

Die seuntjie se ouers het na hulle van die restaurant af gevlug het, agtergekom hulle seuntjie is raakgeskiet en dadelik na die naaste hospitaal gehaas.

Hy is by die hospitaal dood verklaar. Volgens Modiga is niemand nog in hegtenis geneem nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×