‘n 13-jarige seun is dood en vier mense beseer nadat ‘n man mense in ‘n voorstad in die noordooste van London met ‘n swaard aangeval het. Die New York Times berig die 36-jarige verdagte is vanoggend kort na die voorval deur die Londonse metro-polisie in hegtenis geneem.
Die vier mense wat beseer is, sluit twee polisiebeamptes in. Videos van die aanval is dadelik op sosiale media geplaas wat wys hoe ‘n man tussen huise hardloop en ‘n groot swaard in die lug rondswaai. Hy het kort daarna met ‘n voertuig in een van die huise vasgejaag. Die polisie beskou die voorval nie as ‘n terreuraanval nie.