Sewe-jarige Bloemfonteiner, Janique Venter sal die week twee groot operasies in Memphis, Tennessee ondergaan.
Netwerk24 berig Venter is op ses maande met ‘n neuroblastoom aan die regterkant van haar nek gediagnoseer.
Die gewas het na ‘n nie-kwaadaardige ganglioneuroom verander wat druk op haar lugpyp veroorsaak. Venter se Pa, Jacques sê sy sal twee operasies ondergaan – waarvan die tweede een, die gewas in ‘n 21 uur lange operasie sal verwyder.
Die gesin kon te danke aan die gemeenskap se vrywiligheid na Amerika reis. ‘n Groot deel van die geld is deur Dewald Fourie se Pace Foundation ingesamel.
Fourie en sy vrou Yolandi het saam met ander atlete sowat R58 000 vir Venter ingesamel.