Die Rob Ferreira-hospitaal in Mpumalanga het gebrand.

Maroela Media berig die brand het ontstaan toe ’n pasiënt glo gaan rook het en sy stompie in ’n pyp weggegooi het.

Dit het op die verkeerde plek beland en ’n klein brand veroorsaak.

Geen groot skade is aangerig nie, afgesien van die gebrande pyp.

Alle betrokke mense is betyds na veiligheid geneem.

Die brandweer het gister se brand vinnig geblus, alhoewel van die rook reeds deur verskeie sale versprei het.

Die departement vra pasiënte, besoekers en personeel om in aangewese areas te rook en hul stompies in die regte dromme weg te gooi.

Volgens Netwerk24 het Bloemfontein se Nasionale Hospitaal verlede jaar in Julie gebrand, waar 38 pasiënte in die bitter koue uit die sale moes ontruim.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×