Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het tydens sy begrotingsrede ‘n skerp styging in die sogenaamde sondebelasting aangekondig. Die verhoging in aksyns vir wyn is 7,2%  en 6,7% vir spiritualieë. Dit is heelwat meer as die inflasiekoers van 5,3%.

Die styging gaan na raming ‘n bykomende R800 miljoen vir die jaar tot Maart 2025 vir die staatskas inbring. Daar is wel beter nuus vir sigaret rokers waar die styging in aksyns vir ‘n pakkie van 20 sigarette vir die komende jaar net met 4,7% verhoog is.

Ander aankondigings is dat belastingkerwe dieselfde gaan bly en dat kortings nie verhoog word nie. Godongwana het aangekondig dat dit die derde jaar agtereenvolgens sal wees dat daar geen verhoging gaan wees op die algemene brandstof- en Padongelukfonds-heffing nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×