‘n Skerp toename in die verspreiding van die Delta-variant is in die afgelope 14 dae in Amerika waargeneem

 ‘n Skerp toename in die verspreiding van die Delta-variant van die Coronavirus  is in die afgelope 14 dae in Amerika waargeneem, in vergelyking met die afgelope ruk. Daar is daagliks sowat 130-duisend nuwe gevalle in vergelyking met die 12-duisend gevalle per dag in Junie. Nagenoeg 900 mense sterf daagliks weens virusverwante oorsake, wat hoër is as ‘n week gelede. Amerika se inentingsprogram vorder traag in vergelyking met ander ontwikkelde lande. Slegs 52-persent van Amerika se bevolking is ten volle teen Covid-19 ingeënt, teenoor 70-persent van lande in die Europese Unie.

Luister na potgooie hieronder