Die polisie in Odendaalsrus in die Vrystaat het ’n soektog van stapel gestuur na verdagtes wat Maandag reeds ’n skool in Kutloanong beroof het. Die 43-jarige veiligheidsbeampte by die Laerskool Malebaleba was aan diens toe hy oorval en vasgebind is. Hy het vier uur later daarin geslaag om homself te bevry en die polisie te ontbied. Die polisie sê die verdagtes het waardevolle items uit die personeelkamer en ‘n onbekende bedrag kontant gesteel. Intussen het die Bothaville-polisie ‘n 27-jarige verdagte vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen in hegtenis geneem. Dit kom nadat die polisie inligting ontvang het oor ‘n man wat glo by die roof van snoepwinkels betrokke was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×