Borgtog is geweier vir ‘n Noord-Kaapse vrou wat daarvan beskuldig word dat sy jong kinders seksueel gereed gemaak het.

Die vrou word daarvan aangekla dat sy hierdie misdade teen kinders so jonk as agt jaar oud gepleeg het.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) woon die 43-jarige vrou saam met haar man in Vioolsdrift, en het glo kinders tussen die ouderdomme van agt en 16 na haar huis nooi.

IOL berig die NVG se Mojalefa Senokoatsane het gesê sy het aan hul ouers gesê dat sy Bybellesse gee en geestelike leiding bied.

Die vrou sou die kinders na bewering na ‘n shack in haar erf neem waar sy hulle seksueel aangerand het.

Sy staan tereg op 18 aanklagte insluitend die seksuele gereedmaking van kinders, seksuele uitbuiting van kinders, blootstelling van geslagsdele aan kinders, asook verkragting.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×