’n Proklamasie vir spesiale kwytskelding van sekere kategorieë gevangenes, pryk in vandag se Staatskoerant.
Netwerk24 berig president Cyril Ramaphosa het dit gister onderteken – ’n dag voordat Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, bekend gemaak het dat oudpresident Jacob Zuma hiervoor kwalifiseer.
Die proklamasie behels onder meer dat oortreders wat as “lae risiko” geklassifiseer is, ’n bykomende 12 maande kwytskelding van hul vonnis kry.
Oortreders wat kwalifiseer, sal binne 12 weke vanaf die datum van die proklamasie vrygelaat word.
“Gevaarlike misdadigers” en diegene met lewenslange vonnisse, kom nie vir die spesiale kwytskelding in aanmerking nie.