‘n Man is naby Clarens in die Drakensberg, terwyl hy die spoor van veediewe en gesteelde beeste gevolg het, doodgeskiet.
Volgens Maroela Media het die polisie ‘n klagte ontvang dat 19 beeste die naweek op ‘n plaas gesteel is. Tydens ‘n soektog na die beeste is daar op die oorledene en drie veewagters geskiet, nadat hulle die beeste en diewe opgemerk het. Die oorledene is op die toneel dood verklaar en sy vuurwapen is gesteel.
Twee van die 19 gesteelde beeste is teruggevind. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem en sake van moord, poging tot moord en diefstal van ‘n wapen word deur die Clarens-polisie ondersoek.