‘n 71-jarige man, sy 62-jarige vrou en hul drie kleinkinders is onder die agt wat oorlede is toe hul bakkie deur ‘n sterk stroom in die Vrystaat meegesleer is.
Luidens ‘n mediaverklaring van die polisie het die oorledenes se kollegas – ‘n 34-jarige man, sy 33-jarige vrou en die egpaar se 2-jarige dogtertjie – ook hul lewe in die ongeluk verloor.
Polisiewoordvoerder, Loraine Earle, sê volgens ‘n voorlopige ondersoek het die oorledenes Saterdagmiddag vanaf Heilbron gery, maar hulle het nooit hul bestemming bereik nie, en is Sondag as vermis aangemeld.
‘n Boer het hul voertuig Maandag in die stroom opgemerk, nadat die bestuurder glo oor die Vrysaatse Kliprivier-laagwaterbrug op die Welgeluk grondpad buite Heilbrong wou ry toe die bakkie meegesleer is.
Soek-en-reddingshonde, hul hanteerders sowel as polisieduikers is na die toneel ontbied waar die liggame na ‘n uitgebreide soektog gevind is.
Die polisie het ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om laagwaterbrue, riviere en strome te vermy wanneer daar ‘n gevaar van oorstroming is.