‘n Steunpilaar van die Vrystaat sterf onverwags

Charles Horn, alombekend as “oom Charles”, ‘n DA-raadslid en oud-burgemeester van Bultfontein, is die afgelope naweek in die Busamed-hospitaal in Bloemfontein oorlede, weens ‘n bloedklont deur die long.

Hy was onbewus daarvan dat hy Covid-19 onder lede gehad het.

Sy vrou Joey het aan Netwerk 24 gesê, haar man het Saterdagoggend benoud gevoel, en hy is per ambulans na Bloemfontein
geneem.

George Michalakis, DA-LP en kiesafdelingshoof van Winburg, sê dat die party hartseer is oor die onverwagse heengaan van hulle geliefde raadslid, ‘n plaaslike sakeman, en oor dekades heen ook ‘n gerespekteerde lid van die plaaslike
boerderygemeenskap.

Horn word oorleef deur sy vrou, drie dogters en ses kleinkinders.

Luister na potgooie hieronder