Verbruikers moet hulle dalk gereedmaak vir ‘n styging in die prys van beesvleis. Dit, volgens die Absa Agri-Trends verslag wat voorspel dat beesvleis op die medium-termyn gaan styg. Dit word ook ondersteun deur die vooruitsig van groter uitvoer moontlikhede na markte soos Saoedi-Arabië.
Netwerk 24 berig dr Marlene Louw, senior ekonoom van Absa, sê die prys wat boere plaaslik vir rooivleis kry, sal waarskynlik begin styg wanneer die rentekoers verlaag word en die vraag na vleis weer begin styg. Die stabilisering van rentekoerse sal ‘n mate van verligting vir verbruikers wees terwyl salarisse styg. Die verwagting is dat die rentekoers in Mei of Junie sal verlaag.