ʼn Afvaardiging van die Solidariteitbeweging is tans in Amerika om met verteenwoordigers van die Amerikaanse president, Donald Trump, te vergader.

Die uitvoerende hoof van die vakbond, Dirk Hermann, sê hulle het Dinsdag ʼn baie suksesvolle vergadering gehad.

Hy sê sake soos onder andere die Bela-wetgewing, die beskerming van eiendomsreg en die ANC-regering se diplomatieke beleid is bespreek.

Een van die hoofbesprekings is om te verseker dat Suid-Afrika deel van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, Agoa, bly.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×