Die digter Antjie Krog, het ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria (UP) ter erkenning van haar bydraes tot letterkunde, taal en sosiale geregtigheid ontvang.
Maroela Media berig dat die 71-jare internasionaal-bekroonde digter en skrywer reeds talle ander toekennings, soos die Hertzogprys vir lewenslange prestasie asook die Alan Paton-toekenning, ontvang het. Krog het tydens die oorhandiging die universiteit bedank vir die eer en gesê sy is terselfdertyd oorweldig en vereer aangesien ʼn skrywer se lewe eensaam is.