‘n Britse en Suid-Afrikaanse toeris is onder die drie wat dood is ná ‘n aanval by ‘n nasionale park in Uganda. Ugandese owerhede het die aanval veroordeel en dit ‘n lafhartige terreuraanval genoem. Die derde persoon wat vermoor is, was ‘n plaaslike toergids. Die Britse buitelandse kantoor het ‘n reiswaarskuwing uitgereik, aangesien die aanvallers steeds op vrye voet is. Die BBC berig dat die Ugandese polisie lede van die Allied Democratic Forces-rebellegroep van die moorde verdink.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×