Die gesogte titel van prima ballerina is vir die eerste keer in 12 jaar aan ‘n Suid-Afrikaner – ‘n danser van Mzansi Ballet, Angela Revie – toegeken.
Met hierdie toekenning sluit Revie haar by beroemde dansers soos Phyllis Spira en Burnise Silvius aan. Volgens EyeWitness News het sy die titel tydens ‘n geleentheid by Montecasino in Johannesburg ontvang.
Die geselskap se direkteur, Dirk Badenhorst, sê sy het haar tegniese vaardigheid sowel as dié van storieverteller op ‘n ongelooflike manier getoon.
Mzansi Ballet is einde Februarie in Bloemfontein te sien, waar plaaslike jong dansers ook aan Revie se choreografie sal deelneem.