Bradley Gawie, ‘n nagraadse student in Landboubestuur by die Vrystaatse Universiteit van Tegnologie (SUT), is as een van slegs agt studente wêreldwyd, gekies om die gesogte Siyaphumelela DREAM-beurs te ontvang.

Hierdie wêreldwye erkenning plaas Gawie onder ‘n uitgesoekte groep van meer as 300 instellings wêreldwyd, wat onder andere Suid-Afrika, die Verenigde State en Australië insluit.

Die Siyaphumelela-inisiatief, ondersteun deur die Kresge-stigting, het ten doel om gelykheid te bevorder en studentesukses in hoër onderwys te verbeter.

Die beurs bied Gawie ‘n unieke geleentheid om volgende jaar ‘n weeklange konferensie in Philadelphia by te woon, waar hy met internasionale eweknieë en kundiges in studentesuksesstrategieë sal skakel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×