Sou jy ‘n inkomste verdien deur iets te doen waarvan jy hou, word daar gesê dat jy nooit ‘n dag in jou lewe sal werk nie.

Dit is beslis ‘n voorreg om ‘n werk te hê en hierdie voorreg is des te beter as jy boonop jou werk geniet.

Maar, dan is daar natuurlik die ou suurpruime wat omtrent ‘n hele loopbaan daarvan maak om ander se vreugde te probeer steel.

‘n Man wie hom ooglopend hieraan skuldig maak, het ʼn foto op Reddit gedeel met die werkplek se nuwe beleid.

Dié omstrede beleid bepaal dood luiters dat daar “geen pret” in die kantoor mag wees nie.

Werk is volgens hom nie veronderstel om pret te wees nie.

Die werkgewer waarsku werknemers moenie werkstyd gebruik om onderwerpe te bespreek wat nie met die werk verband hou nie.

Op ligter trant het een skrywer in haar reaksie gesê sy dink haar baas knoop meer geselsies aan oor nie-werksgoed as énigiemand anders in die kantoor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×