‘n Asiatiese swart beer is uit ‘n dieretuin in ‘n deel van Oekraine gered wat deur Rusland beset word. CNN berig die beer, wat in ‘n dieretuin in die dorpie Yampil Donetsk gevange gehou is en erg verwaarloos is, gaan nou deur ‘n dieretuin in Skotland aangeneem word. Soldate van Oekraine het reeds in die verlate dieretuin op 200 diere afgekom wat doodgemaak is. Die 12-jaar oue beer het harsingskudding gekry na ‘n ontploffing naby sy hok. Hy is herdoop na Yampil, het die Vyf Susters Dieretuin in Skotland in ‘n verklaring gesê. Yampil is reeds gered en onderweg na Skotland.