British American Tobacco of South Africa, of Batsa, sê die onwettige tabakhandel het tot die verlies van meer as 500 poste in die maatskappy gelei. Volgens Batsa word daar nou 40 persent minder sigarette verkoop as in 2020 gedoen en aflewerings het ook verminder.
Die maatskappy het sedert 2019 soveel as 584 poste gesny en is tans in afleggingsgesprekke met kantoorpersoneel wat eksterne aflewerings bestuur. Batsa sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, moet verseker dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die NVG toegerus is om die onwettige tabakhandel te hanteer. Die onwettige handel in sigarette het in 2022 byna 60 persent van die mark uitgemaak, wat ‘n inkomsteverlies van 18 miljard rand veroorsaak het.