ʼn 21-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat haar suster se tweejarige seuntjie glo herhaaldelik aangerand is tot hy sterf.

Volgens kapt. Loraine Earle is die verdagte aanvanklik in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom wat met ʼn plaasmoord verbind word.

Nuusflits berig die verdagte en haar kêrel het die kleuter na bewering van Reddersburg na Goedemoed geneem, waar die kêrel hom geslaan en geskop het.

Die kind het bewusteloos geraak en sy liggaam is in ʼn blou gordyn toegedraai en op ʼn plaas agtergelaat.

Die polisie het sy liggaam gevind  en die verdagte sal in aanhouding bly op aanklagte van moord.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×