Microsoft sê herstelwerk aan datakabels wat die Afrika-streek bedien, vorder fluks. Intussen, het ‘n tegniese kenner, Toby Shapshak, gesê die massiewe internet-onderbrekings wys hoe broos Suid-Afrika se infrastruktuur is.
Shapshak het verduidelik Donderdag se massiewe onderbreking was te wyte aan stukkende ondersese kabels wat Suid-Afrika en die vasteland van Afrika in die algemeen verbind met die internet. Shapshak sê daar is nege kabels wat Suid-Afrika en die grootste deel van Afrika met die internet in Europa, Amerika en Asië verbind en vier van hierdie kabels is gister afgesny. Hy meen herstelwerk gaan ‘n geruime tyd neem.