Met entstof teen Afrika-perdesiekte wat nou weer bekombaar is, kan perde-eienaars ‘n sluk van verligting slaak.

Maroela Media berig Suid-Afrika se landbousektor ondervind egter steeds ʼn reusetekort aan diere-entstowwe vir siektes soos slenkdalkoors en bloutong.

Gideon Joubert, ʼn direkteur by die organisasie DearSA, het gesê die skaarsheid van die diere-entstowwe het ʼn uiters negatiewe uitwerking op die welstand van diere en die verspreiding van siektes.

Hierbenewens word die voedselketting en voedselsekerheid word ook hierdeur bedreig.

Rooivleisboere het reeds vrektes van tot soveel as 50% onder skaapkuddes aangemeld, weens die onbeskikbaarheid van bloutong-entstof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×