Die Vrystaatse premier, Maqueen Letsoha-Mathae, en die provinsie se LUR vir Finansies, Toerisme en Ekonomiese Ontwikkeling, Ketso Makume, het ‘n verrassingsbesoek aan Hang-Da Steel Company in Thaba Nchu gebring.

Die besoek was om vas te stel of die maatskappy Suid-Afrikaanse arbeidswette nakom.

Na aanleiding van klagtes van werknemers het die LUR en premier die maatskappy se voldoeningsrekords aangevra, en volgens Makume, hou die maatskappy glo nie by die arbeidsregulasies nie en verhinder hulle werknemers om ‘n verteenwoordigende vakbond te he.

error: Inhoud is beskerm !!