Die titel van wêreld se beste skaakspeler skuif oor na ’n tiener van Indië.

Maroela Media berig die 18-jarige Gukesh Dommaraju het die onbetwiste wêreldkampioen geword nadat hy China se 32-jarige Ding Liren in Singapoer verslaan het.

Die wedstryd was oor die algemeen baie gelykop totdat Dommaraju met een pion voordeel, ’n toring en ’n biskop gewen het.

Die nuwe kampioen sê sy hele strategie was om soveel as moontlik in elke wedstryd van die toernooi te gee, want dit neem net een wedstryd om ’n deurbraak te maak.

Ding is ná die wedstryd deur sy emosies oorval.

Hy sê aan ’n verslaggewer dat hy oorweldig was van skok toe hy sy flater besef.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×