‘n Tienermeisie van Kimberley is gekies om vanjaar aan die Olimpiese Spele in Tokio deel te neem

‘n Tienermeisie van Kimberley is een van slegs vier Suid-Afrikaanse skaatsplankryers wat gekies is om vanjaar aan die Olimpiese Spele in Tokio deel te neem.

Die 15-jarige Boipelo Awuah, Graad 10 leerling aan die Hoërskool Noord-Kaap, het al op vyfjarige ouderdom begin skaatsplank ry.

Haar moeder, Dimakatso Henyekane, het dit eers nie toegelaat nie en dan het Boipelo, as haar ma weggekyk het, op haar ouboet Bassanio se skaatsplank gespring en begin rondrits.

Sy is die jongste van die vier spanlede wat die ekskursie na Tokio gaan onderneem saam met die 31-jarige Melissa Williams, die 46-jarige Andrew Oberholzer van die Kaap en die 22-jarige Brandon Vajalo van Johannesburg.

Skaatsplankry word vanjaar vir die eerste keer by die Spele aangebied en Suid-Afrika is die enigste land uit Afrika wat gekwalifiseer het om in diè sport deel te neem.

Luister na potgooie hieronder