‘n Toer na Suid-Afrika deur die Engelse krieketspan begin realiseer nadat ‘n kwarantyn-ooreenkoms bereik is

 ‘n Toer na Suid-Afrika deur die Engelse krieketspan begin realiseer nadat ‘n kwarantyn-ooreenkoms bereik is

‘n Toer na Suid-Afrika deur die Engelse krieketspan begin realiseer nadat ‘n ooreenkoms bereik is, wat die besoekers in staat sal stel om te oefen onderwyl hulle in kwarantyn is.

Die span sal in ‘n hotel in Kaapstad tuisgaan terwyl hulle in afsondering is en toegelaat word om by ‘n plaaslike krieketklub te oefen.

Die toer sal drie eendaagse en drie T-20 internasionale kragmetings insluit.

Die wedstryde sal op Nuweland in Kaapstad en Boland Park in Paarl sonder toeskouers gespeel word.

Engeland sal na verwagting op 17 November in Suid-Afrika aankom, met die eerste wedstryd geskeduleer 10 dae later.

LeandreAdmin@