‘n Toestroming van private kragopwekking is oppad nadat die lisensiedrempel vir kragopwekking eers in 2021 tot 100 megawatt verhoog is en in Desember 2022 heeltemal opgehef is.

Die projekbestuurder van die presidensie, Rudi Dicks, het Dinsdag gesê daar was ‘n enorme toename en sowat tien duisend megawatt se private kragopwekking is al geregistreer.

In Februarie en Maart was daar 2 400 megawatt se projekte geregistreer teenoor skaars 10 megawatt ‘n jaar gelede.

Nog ‘n datastelsel wys daar is al meer as dertien duisend megawatt se private kragopwekkings-projekte wat beplan word of in aanbou is.

Dicks het gepraat op ‘n mediakonferensie oor Operasie Vulindlela, ‘n inisiatief van die presidensie om strukturele hervormings te steun vir ekonomiese herstel.

Daar word veral gefokus op elektrisiteit, water, vervoer en digitale kommunikasie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×