‘n Toilet van 18 karaat-goud, is toe nié die “pot goud aan die einde van die reënboog”, vir die vier mans wat dit na bewering gesteel het nie.

Volgens Sky News, is dié goue troon ‘n kunswerk getiteld, “America,” en is dit meer as R108-miljoen werd.

Dit is in 2019 uit die Blenheim-paleis in suid-oos Engeland gesteel.

Die Blenheim-paleis is die geboorteplek van die voormalige Britse eersteminister, Sir Winston Churchill. Hierdie uiters eiesoortige kunswerk is
ook voorheen in die Guggenheim-museum in New York uitgestal.

Die vier verdagtes, nou tussen 35 en 39, verskyn na verwagting eersdaags in die Oxfordse landdroshof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×