Een van die ondersoekbeamptes van die Thabo Bester-saak en provinsiale hoof van die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad, Brigadier Jackson Mkhauseli, het vanoggend sy eie lewe geneem. Hy was nog vanoggend in die hooggeregshof waar hy die saak om ontslag van dr. Nandipha Magudumana bygewoon het. Mkhauseli was glo sigbaar ontsteld en het kort daarna sy eie lewe in sy motor by die staatsgarage in Hamilton geneem. Die polisie se nasionale woordvoerder, Brigadier Athlenda Mathe, het sy dood bevestig en gesê die polisie gaan in hierdie stadium niks verder sê nie. Mathe het gesê die oorledene se familie word tans bygestaan. Die nasionale kommissaris van die polisie, Generaal Fannie Masemola, het die oorledene as ‘n hardwerkende, lojale en toegewyde lid beskryf wat hope kennis en ondervinding van speur-ondersoeke gehad het. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×