‘n Ses-jarige seuntjie van Bloemfontein is vanoggend dood nadat ‘n motorvoertuig hom raakgery het. Kaptein Loraine Earl, woordvoerder van die polisie, het
gesê die ongeluk het in Tielman Roosstraat net oor die brug naby Olive Hill plaasgevind.
Mediese noodpersoneel was op die toneel maar die seuntjie is dood verklaar. Earl sê die Navalsig polisie ondersoek die saak.