Suid-Afrika se ambassadeur in Turkye, Dipuo Letsatsi-Duba, het vanoggend bevestig dat ‘n Turkse tronk, waarin sewe Suid-Afrikaners agter tralies was, tydens gister se dodelike aardbewings ineengestort het.

Dit is onbekend of die gevangenes die kragtige skuddings oorleef het al dan nie.

Volgens Letsatsi-Duba is geen ander Suid-Afrikaners, sover bekend, deur die aardbewing geraak nie.

Die bevestigde dodetal het sedert gisteroggend die hoogte ingeskiet, met regeringsagentskappe in Turkye en Sirië wat berig dat meer as 4800 mense reeds dood is.

Nog duisende het beserings opgedoen.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het gewaarsku dat die dodetal na verwagting tot soveel as 20 000 kan styg.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig soek-en-redding, sowel as mediese spanne van die humanitêre hulpgroep Gift of the Givers in Suid-Afrika, vertrek vandag na die rampgeteisterde gebied om broodnodige hulp en steun te verleen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×