Korrupte staatsdiensamptenare nie meer, soos in die verlede, die een departement verlaat, net om later weer by ‘n ander op te duik nie.
Mzamo Buthelezi, minister van staatsdiens en administrasie, sê enige korrupsie binne staatsdiensgeledere moet by die polisie aangemeld word. Daar moet ook interne tugstappe teen die vermeende korrupte amptenaar geneem word.
Die minister sê ‘n sentrale tugregister moet bygehou word, om te verhoed dat korrupte amptenare nie bloot by ‘n volgende staatsdepartement aangestel kan word nie.