Die 40-jarige Joseph Mokhoele van Botshabelo, wat minder as twee weke as tuinier by Alex en Daleen Cameron gewerk het, het Maandag voor regter Lani Opperman ontken dat hy die 67-jarige Daleen op 23 November verlede jaar beroof en vermoor het.

Netwerk24 berig voorts Alex, ‘n bekende in die drankhandel in die Vrystaat en Noord-Kaap, het in die Vrystaatse hooggeregshof beskryf hoe hy op sy vrou afgekom het waar sy haar doodgebloei het op die mat van ‘n slaapkamer in hul huis in Bloemfontein, nadat sy ‘n snywond aan haar nek opgedoen het.

Mokhoele ontken dat hy ooit in die Camerons se huis was.

Hy het wel erken dat die 12 bottels Johnnie Walker-whisky, wat die polisie later in sy huis gekry het, van Cameron se versameling afkomstig is.

Die verhoor duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×