‘n 22-jarige vroulike vlieënier is dood nadat sy met ‘n een-sitplek bespuitingsvliegtuig naby Kroonstad neergestort het. Die polisie se woordvoerder in die Noord-Vrystaat, sersant Josephine Rani, het gesê die vliegtuig het na bewering vroeg vanoggend by ‘n Kroonstad vliegveld opgestyg vir die oorledene se finale evaluering om haar lisensie as bespuitingsvlieënier te kry. Die vliegtuig het ongeveer een kilometer nadat dit opgestyg het, neergestort en in vlamme uitgebars. ‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geregistreer en ‘n ondersoek na die voorval duur voort.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×