Inwoners van Edenvale aan die Oos-Rand is vroeër vandag gewaarsku om uiters versigtig te wees, nadat ʼn rondloper-tier vroeg vanoggend in die omgewing opgemerk is.

Die jong tier is vanoggend op kringtelevisie-beeldmateriaal opgemerk.

‘n Sekuriteitsmaatskappy het intussen gesê dat die tier glo ongeveer elfuur vanoggend met ‘n verdowingspyltjie geskiet is en na veiligheid gebring is.

Die Edenvale-dierebeskermingsvereniging het egter gesê hulle kan dit nie bevestig nie, aangesien hulle nie kennis daarvan dra dat die tier na veiligheid gebring is, of
waarheen sy geneem is indien dit wel die geval is nie.

Die jongste voorval volg kort nadat ’n tierwyfie, Sheba, onlangs uit haar kamp in die suide van Johannesburg ontsnap het.

’n Weeklange soektog het tragies geëindig toe Sheba op 18 Januarie deur haar eienaar van kant gemaak is.

Mense in Gauteng het nie ʼn permit nodig om ʼn tier aan te hou nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×