‘n Tweede inbraak het plaasgevind by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas.
News24 berig dat minstens twee onbekende mans toegang tot die huis gekry het. Ramaphosa het deur sy woordvoerder enige inbraak ontken en verklaar dat polisiebeamptes wat by die plaas gestasioneer is, ‘n oop deur gesien het, maar geen gesteelde items is opgemerk nie.
Tog dui inligting aan dat die tweede groep vir minstens ‘n uur binne was voor hulle gevlug het nadat ‘n presidensiële patrollievoertuig genader het.
Geen klag is aanvanklik ingedien nie, en ondersoeke het eers twee jaar later begin.
Terselfdertyd, volgens ‘n vorige berig, is sommige partye woedend oor ‘n besluit van die Nasionale Vervolgingsgesag om hom nie te vervolg vir die besit van buitelandse valuta op sy plaas in Limpopo nie.
Lees meer:
Ramaphosa het volle vertoue in die Konstitionele Hof