‘n Tweejarige seuntjie – met erge kneusplekke aan sy hele lyfie – is gister by ‘n kliniek op Kestell dood verklaar. ‘n Vyf-en-twintigjarige man is in hegtenis geneem, toe hy en sy vriendin, die seuntjie vir mediese behandeling na die kliniek gebring het. Die verdagte het die seuntjie na bewering die vorige aand met ‘n stok aangerand, omdat hy sy broekie vuil gemaak het.

Hierna het hy die kleinding glo verskeie kere geskop, voordat hy hom in ‘n wasbak vol koue water gesit het. Weens die seuntjie se kritieke toestand met sy aankoms, het kliniekpersoneel nooddienste ontbied. Die kleuter is by die kliniek deur paramedici dood verklaar. Die moordverdagte sal na verwagting Maandag in Kestell se landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×