Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens doen ‘n dringende beroep op élke kwalifiserende bloedskenker om so gou moontlik te skenk, aangesien sy bloedreserwes landwyd laag is.

Met die Feestyd om die draai, is ‘n ernstige bloedtekort reeds in aanloop tot die Desember-vakansie, ‘n bron van groot kommer.

Natalie Booysen, skakelbeampte van die bloeddiens in Bloemfontein, het aan Rosestad-nuus gesê alle skenkers word gevra om te help voorkom dat die bloedtekort ‘n krisis word.

Sy sê veral O-bloedgroep-skenkers word aangemoedig om dringend te skenk. O-tipe bloed kan in noodgevalle vir alle pasiënte gebruik word. Bloemfonteiners kan bloed
skenk by Victorian Square in Westdene, Bloemplaza in die middedorp en in die Southern Centre in Fichardtpark.

Die stem van Natalie Booysen van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens in Bloemfontein.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×