‘n Geregtelike doodsodersoek is geopen nadat die Harrismith-polisie vier liggame binne ‘n uitgebrande vragmotor gevind het.
Die polisie is na die misdaadtoneel op die grondpad tussen Mabate en Tshiame B-Khalanyoni onbied, nadat verbygangers ‘n brandende vragmotor opgemerk het.
Hulle het probeer om die vuur te blus maar was onsuksesvol – al vier liggame is onherkenbaar verbrand.
Voorlopige ondersoeke toon dat die vragmotor aan ‘n man van die Makwane Village in die Vrystaat behoort. Na bewering was hy, sy vrou en drie kinders in die vragmotor.
‘n Geregtelike doodsondersoekdossier is geopen vir verdere ondersoek terwyl die polisie steeds na die vyfde persoon soek.