Drie klein troppe van Kaapse Bergsebra is verenig in die geboorte van ‘n sebravulletjie – wat ‘n mengsel van al drie is. Dit is ‘n groot stap om die DNS-diversiteit van die spesie te herstel.
Good Things Guy berig die geboorte van ‘n unieke vul by Sanbona Wildlife Reserve is ‘n baken van hoop vir die bewaring van Kaapse Bergsebras. Oor die afgelope 300 jaar het jag en habitatvernietiging die Kaapse bergsebragetalle laat afneem, en die drie oorblywende klein troppe geïsoleer.
Die SAUK berig die Wes-Kaapse omgewingsbewaringsagentskap, Cape Nature, sê hulle hoop om nog só ‘n vulletjie te teel om die oorblywende genetiese diversiteit van die spesies te herstel.