‘n 40-jarige man, Dingaan Abram Rantsho, wat hom as ‘n profeet voorgedoen het, is in die streekshof in Phuthaditjhaba tot 45-jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van jong meisies. Die reeks voorvalle van verkragting en ontvoering het in Augustus 2021 begin toe hy ‘n 18-jarige meisie in Phuthaditjhaba genader het wat oppad winkels toe was.
Hy het homself as China voorgestel en haar na ‘n huis gelok waar sy verkrag is. Hy het ‘n 15-jarige in Junie 2022 verkrag nadat hy haar vertel het hy kan deur ‘n spieël sien wat sy pasiënte in hul huise doen. Hy het in September 2023 ‘n 19-jarige genader maar sy kon daarin slaag om te ontsnap en het ‘n klag geopen. Rantsho is skuldig bevind aan twee klagtes van verkragting en een van poging tot verkragting.